Esprit Rock

Inklusiewe Opvoedkunde J

Inklusiewe Opvoedkunde
J.Moses 218148925
B.Ed-IF
CPUT
2018
D.Cillier
Plagiaat verklaring
Die werkopdrag is my eie, oorspronklike werkl en dus vry van enige plagiaat . Al die bronne wat tydens die werkopdrag gebruik is, is in ooreenstemming met die Havard verwysingstyl.

JC.Moses 2018/06/19

Inhoudsopgawe
Inklusiewe onderwys: Inklusiewe onderwys en opleiding word beskryf as:5
Doel van Inklusiewe onderwys5
Implikasies6
Voordele van inklusiewe onderwys 6
Hoe inklusiewe onderwys in Suid-Afrika gebruiker word ?7
Twee pilare8
Onderskeid tussen hoofstroomonderwys (“mainstreaming”) en inklusiewe onderwys. 9
Terme wat baie geraak word onder inklusiewe onderwys.10
Samevatting 11
Bronnelys12 TOC o “1-1” h z u

Inleiding
“Inklusiewe onderwys word beskou as ‘n leeromgewing wat die volle persoonlike, akademiese en professionele ontwikkeling van alle leerders voorstaan ongeag ras, klas, geslag, gestremdheid, geloof, kultuur, seksuele voorkeur, leerstyl of taal “(Western Cape, ongedateer:1) . Inklusiwiese onderwys is ‘n belangrike begrip wat in ag geneem moet word elke keer as onderwys opgebring word. Dit is belangrik dat daar kennis gedra moet word dat elke leerder verskil en elkeen iets spesiaal na die tafel toe bring of hulle met of sonder gestremhede is. In die verslag wat wat volg word seker aspekte geraak wat betrekking het tot inklusiewe onderwys onder andere ,wat dit is, hoe dit in Suid-Afrika gebruik word, die voordele as ook nadele en die doel vir die gebruik van inklusiewe onderwys Inklusiewe onderwys: Inklusiewe onderwys en opleiding word beskryf as:
Die erkenning dat alle kinders en jeugdiges kan leer en dat alle kinders en jeugdiges steun nodig het. Die erkenning dat elke leerder uniek is en verskillende leerbehoeftes het, en die respektering en waardering van die uniekheid en verskille in leerders as deel van diemenslike aard. Die verandering van die onderwysstrukture, -stelsels en -metodieke om aan die behoeftes van die leerders te voldoen. Die erkenning en respektering van verskille in leerders, ongeag die ouderdom, geslag, etnisiteit, taal, klas, gestremdheid of MIV -status. Die erkenning dat leer tuis sowel as in die gemeenskap, in formele en informele omgewings en strukture plaasvind. Inklusiewe onderwys strek dus wyer as die formele skool. Die verandering in houdings, gedrag, onderwysmetodes, kurrikulums en die omgewing om aan die behoeftes van alle leerders te voldoen. Die blootlegging en minimalisering van leerversperrings asook die maksimale deelname van alle leerders aan die kultuur en die kurrikulum van ‘n onderwysinstelling. Die bemagtiging van leerders deur hulle individuele sterk punte te ontwikkel en hulle in staat te stel om krities deel te neem aan die proses van leer. Inklusiewe onderwys verwys na die deelname van leerders met diverse opvoedkundige behoeftes in hoofstroomskole en gemeenskappe. L.Jacobs (2011)
Inklusiewe onderwys onder andere die erkenning van en respek vir andersheid, insluitend gestremdheid. Dit beteken dat daar geen skole mag wees wat leerders weg mag wys as gevolg van hul gestremdheid. Witskrif 6 (2001)
2. Doel van Inklusiewe onderwys
Die doel is om die leerders wat gestremdhede het so na as moontlik ‘n ervaring te gee van hoe dit is om by ‘n normale skool te gaan waar daar minder gestremdhede is. By die skole moet daar voorsiening gemaak word dat die leerders se regte nie geskend word nie. Hulle moet so normal as moontlik leef op skool terrein, daar moet voorsiening gemaak word vir elke leerder op die skool.

3.Implikasies
3.1Volgens Prinsloo (2001 :344) is daar ‘n wye spectrum probleme wat inklusiewe onderwys belemmer.
Die onvoldoende beskerming van die individuele regte van die leerders by die skole as ook gemeenskappe. Ervarings van inklusiwiteit deur leerders (nie alle leerders ontvang die lesse of aktiwiteite dieselfde). Die veranderde professionele rol van opvoeders. Die bevordering van inklusiewe onderwys by openbare skole . Gespesialiseerde onderrigtegnieke om struikelblokke te oorkom. Struikelblokke in die ontwikkeling van opvoeders. Die insluiting van alle leerders in die skool. Die bepaling van die effektiwiteit van inklusiwiteit in skole.
4.Voordele van inklusiewe onderwys :
4.1Meeste kinders geniet die voordeel wat inklusiewe onderwys in hou, dit laat hulle toe om :
Kinders word Individueel te versterk. Hulle individuele doelwitte bereik of te streef na dit. Hulle ouers word betrek in hul opvoeding insluitend klasse en aktiwiteite die plaaslike skole. Die skoolkulture word bevorder deurmiddel van respek en ander toebehore en individuele leer om ander leerders te respek en teistering en afknouery te verminder. Vriendskappe word ontwikkel op die skool deur ‘n wyse verskeidenheid kinders. Die gemeenskap as ook skool word positief beïnvloed deur diversiteit en insluiting op ‘n breër vlak te waardeer.

5. Hoe inklusiewe onderwys in Suid-Afrika gebruiker word ?

In die proses om leerders met unieke onderwysbehoeftes te bevorder word dit vereis om aan die hul individuele verskille en behoeftes bykomende hulpbronne dienste te voorsien om hulle in staat te stel om die beste moontlike punte en onderig te kry. In Suid-Afrika kan nie alle gestremde leerders kan in hoofstroomskole toegelaat word nie al was dit van verplig deur regering.  Die rede hiervoor is relatief eenvoudig ‘n oordoepelende hoeveelheid van die skole besit nie die nodige infrastructure en hulpbronne nie. In Suid-Afrika is daar net sekere provinsies waar die hoofstroomskole aangetref word wat voorsorg tref vir die leerders wat van alle tipes gestremdhede. Elke jaar is daar groot getalle ouers wat in Suid-Afrika wat nie wee twat om met hulle kinders te maak as gevolg van te kort aan hoofstroom skole.

Na die 1994-verkiesing het daar 18 verskillende onderwysdepartemente egter geamalgameer (Department of Education, 2001:5) en in 1995 het Education White Paper 1 on Education and Training verskyn. Met die verskeining van hierdie dokument was die bal aan die rol gesit van die proses wat gelei het tot die publikasie van Education White Paper 6: Special Needs Education in 2001 (Van Rooyen & Le Grange, 2003:152). Die document wat laaste genoem is dien as raamwerk vir die ministerie se verbintenis tot die voorsiening van opvoedkundige geleenthede en spesifiek vir leerders wat leerhindernisse ervaar (Department of Education, 2001:5). Die proses wat gelei het tot Witskrif 6.

Dit word baie duidelik gemaak dat die verlede ‘n invloed uitoefen op toekoms wat onderwys aanbetref, die verdeelde sisteem is steeds inwerking,. Daar is dus nog redelike aantal struikelblokke wat oorkom moet word in Suid-Afrika om inklusiewe onderwyser suksesvol in die onderwys binne Suid-Afrika te maak.

(Donald et al., 2002:297)
6. Twee pilare
6.1Diversiteit:”Die term” diversiteit “maak voorsiening vir die herkonseptualisering van” verskil “Die verskil tussen leerders word waardeer op die skole en dit laat groei om voort te gaan. Skole wat diversiteit waardeer skei en sluit nie mense/leerders uit nie , maar vier dit in sy gemeenskap,tot voordeel en insluiting van almal “(Benjamin, 2002, p. 309). Deur die diversiteit te waardeer word kategoriese denke verwyder. Daar word nuwe waardeering gevorm vir die feit dat mense anders is, uniek is. In skole wat diversiteit waardeer – alle jong mense word as individue gewaardeer sodat die verskille tussen hulle kan sonder vooroordeel erken word. Gewoontlik het sulke skole mee unieke skoolkulture. BIBLIOGRAPHY l 7177 BARNES, B. (2011, 03 19).
6.Gestremdheid:
Leerinperkinge Gestremdhede dien as hindernisse as dit kom leer . Volgens die tweede formulering van riglyne wat die implementering van inklusiewe onderwys aanbetref wat gedurende Oktober 2002 verskyn het, vind leerinperkinge en uitsluiting vir die meerderheid leerders met gestremdhede plaas wanneer hul spesifieke leerbehoeftes nie bevredig word nie as gevolg van struikelblokke in die leeromgewing of die breër samelewing wat die leerder kniehalter en tot gevolg het dat effektiewe leer nie plaasvind nie. Daar is gestremdhede wat sekere leerders verhoed om op ‘n deurlopende basis altyd betrokke blootstelling te kry aan gestruktureerde leer en ontwikkeling. So sal ‘n leerder wat byvoorbeeld gediagnoseer is met ernstige outisme dit moeilik vind om betrokke te raak by ‘n program wat ontwikkeling fasiliteer. Van die studente ervaar ook leerinperkinge as gevolg van die intrinsieke kognitiewe/ leerprobleme in spesifieke areas soos die bemeestering van geletterdheid of wiskundige areas of in die organisasie of bestuur van hul eie leer (Department of Education, 2002:141). Gestremdheid verhoed dus dat effektiewe leer kan plaasvind7.Onderskeid tussen hoofstroomonderwys (“mainstreaming”) en inklusiewe onderwys.

Onderskeid word soos volg tussen hoofstroomonderwys of integrasie en inklusiewe onderwys gemaak:Hoofstroomonderwys beteken dat leerders by ‘n spesifieke stelsel moet inpas of geïntegreer moet word binne ‘n stelsel wat reeds bestaan, inteenstelling met inklusiewe onderwys wat beteken dat verskille tussen alle leerders erken en gerespekteer moet word , terwyl daar eerder op ooreenkomste gefokus word. Hoofstroomonderwys vereis dat sommige leerders ondersteuning moet kry sodat hulle by die “normale” klassituasie kan inpas. Evaluering word deur spesialiste verrig wat tegniese ingrypings verrig soos bv. om ‘n leerder in ‘n spesiale program te plaas. Inklusiewe onderwys verwag dat alle leerders, opvoeders en die hele stelsel steun moet ontvang sodat daar aan verskillende leerbehoeftes van leerders voorsien kan word. Die fokus is hoofsaaklik op die verbetering van die onderrigstrategieë met die doel dat alle leerders by verbetering voordeel geniet. Hoofstroomonderwys wil die leereder verander om by die stelsel in te pas ,inteenstelling met inklusiewe onderwys wat poog om die stelsel te verander om by die leerders aan te pas. L.Jacobs (2011)

8.Terme wat baie geraak word onder inklusiewe onderwys.

8.1Leerversperrings :
Dit kan ook gesien word as hindernisse wat leer en ontwikkeling verhoed of doodgewoon leerversperrings. Dit bestaan uit twee basiese kategorieë, naamlik hindernisse binne die stelsel en hindernisse binne die leerder self wat by leerder voorkom.

8.2Gestremde agterstande:
Dit word internasionaal aanvaar as die term “disability” wat vertaal as gestremdheid en “impairments” as agterstande. Hierdie twee terme word gebruik om na die leerders te verwys wie se leerversperring van die organiese/mediese oorsprong is.

8.3Spesiale onderwysbehoeftes :
Kinders met spesiale onderwysbehoeftes het almal hulle eie leerprobleme of gestremdhede wat dit vir hulle moeilik maak om te leer en wat veroorsaak dat hulle moeiliker leer as die res van meeste kinders wat ook dieselfde ouderdom is. Nie alle leerders wat in ‘n nie-moedertaal skool is, ‘n fisiese gestremdheid het of wat ‘n mediese toestand onder lede het, noodwendig spesiale onderwysbehoeftes het nie. Bogenoemde faktore lei dikwels tot spesiale onderwysbehopeftes.

Samevatting
?
Bronnelys
(http://www.inclusionbc.org/our-priority-areas/inclusive-education/what-inclusive-education)
Effectiveness of the school-based support team within an inclusive South African educational system. By: DU TOIT, NINA; ELOFF, IRMA; MOEN, MELANIE. Tydskrif vir Geesteswetenskappe.jun2014, Vol. 54 Issue 2, p341-364. 24p. Language: Afrikaans. 
BIBLIOGRAPHY l 7177 BARNES, B. (2011, 03 19). Retrieved 06 17, 2018, from file:///C:/Users/218148925/Downloads/barnes_teachers_2011.pdf
McCallum, G. H. (n.d.). Die implikasies van inklusiewe onderwys vir leerders wat verstandelik erg gestremd is. Suid-Afrika.

Veldhuizen, M. (2017, 10 6). ‘n Skool vir my gestremde kind. Retrieved from Solidariteit: https://jougesin.solidariteit.co.za/n-skool-vir-gestremde-kind/